Prediking ten tyde van die COVID-19-pandemie: ʼn Gegronde teoretiese verkenning
DOI:
https://doi.org/10.21827/ijh.2020.39504Abstract
Sedert die uitbreek van die COVID-19-pandemie in Suid-Afrika, het die gevolglike inperking van kerke gevra om oor die formaat en inhoud van prediking te herbesin. Die vraag het ontstaan hoe prediking in tye soos hierdie lyk en kan lyk en spesifiek die inhoud van preke die week vóór en ná die staat van inperking. Hierdie artikel ondersoek die inhoud van preke wat in hierdie tydperk in Suid-Afrika gelewer is deur middel van gegronde teorie, ten einde die kerntemas in die prediking te midde van die COVID-19-pandemie en grendeltyd te identifiseer en vandaar ’n homiletiese praxisteorie vir prediking in tye soos hierdie daar te stel. Die naby-ver spanning wat in die wisselwerking tussen die beleefde realiteit van die hoorders en die realiteit wat verkondig word, na vore kom, word ondersoek. Geloofsgewoontes en geloofsonderkeid word ondersoek as kernkonsepte wat hierdie spanning kan vashou en wat hoorders kan help om die dun ruimtes wat deur liminale tye soos hierdie geskep word, te navigeer.
Published
Issue
Section
Copyright (c) 2020 Marileen Steyn, Cas Wepener, Hennie Pieterse
This work is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 International License.